Maroela-onderhoude
- Autor: Vários
- Narrador: Vários
- Editor: Podcast
- Duración: 31:13:28
- Mas informaciones
Informações:
Sinopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodios
-
Wêreldreisiger, musikant skryf Afrikaanse album op geboorteplaas
10/04/2024 Duración: 12min“Elke keer as ek by die huis is, neem ek ernstig die pen op en skryf aan die album. Ek wil hê die album moet die gees van my geboorteplaas vasvang.” Maroela Media
-
‘Seldsame siektes, wanvoeding loop hand aan hand’
10/04/2024 Duración: 23minAs kenner op die gebied van holistiese gesondheid, behandel dr. Stefan Schoeman gereeld pasiënte met seldsame siektes. Hy gesels oor dié onderwerp in Maroela Media se ateljee. Maroela Media
-
Rooksein herontdek studentejare, eie klank
08/04/2024 Duración: 13min“Vandat ons begin het, kon ons die Here se hand daarin sien,” voeg Renier by. “Dit was nooit iets wat ons self moes druk nie; dit was iets waaraan ons gehoorsaam moes wees.” Maroela Media
-
Voeding die hartklop van jong kinders se gesondheid
04/04/2024 Duración: 11minDr. Stefan Schoeman gesels met Maroela Media oor die algehele hartgesondheid van kinders en hoe voeding ʼn rol in jong kinders se hartgesondheid speel. Maroela Media
-
Armand Barnard ‘jaag die son’ met sy musiek
03/04/2024 Duración: 09min“Maak nie saak of jy ʼn moeilike week gehad het nie, jy kan in jou bakkie klim en die son jaag see toe,” verduidelik Armand die boodskap van die liedjie. Maroela Media
-
‘Eerlike, diep’ Bobby neem weer pen op
02/04/2024 Duración: 10min“Ek het ‘Verlore seun’ reeds ʼn tydjie gelede al geskryf, maar ek is gemaan dat ek nie té eerlik en diep moet raak nie. Op die plek waar ek tans in my loopbaan is, gee ek nie meer so baie om nie.” Maroela Media
-
Verantwoordelike vuurwapeneienaarskap in die jagveld, teen probleemdiere
28/03/2024 Duración: 12minMaroela Media het met Ian Cameron en advokaat Henk Nolte gesels oor verantwoordelike vuurwapeneienaars en in vandag se aflewering fokus die manne juis op jagongelukke en probleemdiere. Maroela Media
-
Karlien Husselman vind die mens agter musiek
28/03/2024 Duración: 19min“In die tyd wat ek weg was uit die musiektoneel het ek depressie gehad weens trauma. Ek het na die Here geroep en Hy het my opgelig.” Maroela Media
-
Hoe gemaak as misdadigers slagoffer speel?
28/03/2024 Duración: 09minHoe maak ʼn vuurwapeneienaar as die misdadiger skielik slagoffer speel en 'n teenklag lê? Die teenmisdaadaktivis Ian Cameron en advokaat Henk Nolte, albei van Firearms Gaurdian, het dié teenklagte met Maroela Media bespreek. Maroela Media
-
Ongerepte wildernisse weer in Bonné se visier
28/03/2024 Duración: 23min“Ons ervaar kosbare oomblikke, wat snaaks en opwindend is, maar ons raak ook dieper en gee insig tot die menslike gees deur die natuurstories wat ons vertel.” Maroela Media
-
Kom gedenk Vervolgingsondag saam met Geopende Deure
28/03/2024 Duración: 17minEsté Meyer Jansen van Maroela Media het aanlyn met Elizabeth Botha van Geopende Deure oor Vervolgingsondag gesels. Elizabeth het verduidelik hoekom dit belangrik is dat almal bewus moet wees van die vervolging van Christene in ander wêrelddele en hoe hulle ondersteun kan word. Maroela Media
-
Slaap, die sleutel tot algehele gesondheid
28/03/2024 Duración: 11minKinders word nie om dowe neute al vir donkiejare vroeg bed toe gestuur nie. Dr. David Goncalves gesels met Maroela Media oor die belangrikheid van ʼn goeie slaappatroon vir ʼn kind se algehele gesondheid. Maroela Media
-
Jong Anzélle verower treffer vir treffer musiekharte
25/03/2024 Duración: 11minAnzélle sê haar musiekstyl en die manier waarop sy musiek skryf het intussen handomkeer verander. Maroela Media
-
‘Musiek is hoe ons praat sonder woorde,’ sê jong sangers
25/03/2024 Duración: 10minTamlyn en Renaldo het elkeen in eie reg ʼn lang pad gestap voordat hulle uiteindelik die mikrofoon gevind het. Maroela Media
-
Reën se Nolene sprei vlerke met sokkietreffer
22/03/2024 Duración: 12min“Ek sal altyd so dankbaar vir Reën wees en ek het soveel geleer, maar ek gun dit vir Richann en myself om alleen die waters te toets.” Maroela Media
-
Hoe lyk ʼn kind wat emosioneel gesond is?
20/03/2024 Duración: 13minIn hierdie episode gesels dr. David Goncalves, sielkundige, oor emosionele gesondheid van kinders en hoe voldoende voeding daarmee verband hou. Maroela Media
-
Luister: Wat om te verwag as jy moes skiet
18/03/2024 Duración: 17minJy moet in 'n oogwink die besluit neem: Gaan ek my vuurwapen afvuur? Genadiglik kan jy daarin slaag om die gevaar af te weer ... maar nou is dit 'n misdaadtoneel. Wat gebeur nou? Maroela Media
-
Wat is die verband tussen kindervoeding en ooggesondheid?
13/03/2024 Duración: 12minRudine Diedericks, ʼn oogkundige by Mellins, verduidelik wanneer jy jou kind vir ʼn oogtoets moet neem en watter rooi vlaggies daar kan wees in terme van jou kind se sig. Maroela Media
-
Arno Carstens sing vir geliefdes buite SA
13/03/2024 Duración: 11min“Wat ek die meeste van Suid-Afrika gemis het, was die fauna en flora, en familie en vriende. Dit is die goed wat jy mis: die horison, sonsondergange en jou mense.” Maroela Media
-
Wonder jy nog oor vuurwapeneienaarskap?
11/03/2024 Duración: 16minMaroela Media het in ons ateljee met JC Lamprecht en Heinke Hartdegen van die opleidingsentrum Bravo Tactical Africa oor verantwoordelike vuurwapenbesit gesels. Ian Cameron, ʼn gemeenskapsveiligheidsaktivis en direkteur van Firearms Guardian, het ook verduidelik waarom hy dink ʼn soort leefstylaanpassing is nodig as dit by die besit van vuurwapens kom en waarom hy meen ʼn gemeenskap wat opgelei is om vuurwapens wettig te hanteer ʼn werklike verskil kan maak in ʼn land soos Suid-Afrika wat stoei met hoë misdaadsyfers. Maroela Media