Sinopsis
Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek.
Episodios
-
Ep. 30 - Die belasting verset, Bosasa se pret en politici belet en gered.
30/01/2019 Duración: 25minIn ‘n tyd van sosiale media, alternatiewe media, kunsmatige intelligensie, en tegnologiese vooruitgang, is dit sekerlik gerusstellend om te weet dat een ding altyd dieselfde bly: Politieke speletjies. Hierdie week is die Podlitiek-span weer met die tong diep in die kies aan die ontleed en analiseer van die Suid-Afrikaanse politiese sfeer.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/Podlitiek
-
Onderhoudreeks Ep. 9 - Gerhard de Beer (Green Bay Packers)
28/01/2019 Duración: 29minIn die eerste onderhoudepisode van 2019 het Paul Maritz en Daniël Eloff vir Gerhard de Beer saam met hulle in die ateljee. De Beer is ‘n professionele Amerikaanse voetbal speler vir die Green Bay Packers.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://www.youtube.com/c/Podlitiek
-
Ep. 29 - Facebook geskok , Die DA se onderrok en by Coligny gejok
22/01/2019 Duración: 23minDie kontemporêre Suid-Afrika vandag kan mooi beskryf word deur die bekende woorde van Charles Dickens. Ons land beleef werklik terselfde tyd die beste van tye asook die ergste van tye. Tye van wysheid en tye van dwaasheid. Hierdie week bespreek Podlitiek vier van due gebeure in hierdie kontrasterende tye naamlik die skokkende Facebook video van die afgelope week, die DA se verkiesingsveldtog en die beweerde onthullings oor die Coligny moordsaak.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapple
-
Ep. 28 - ANC Manifes, Schweizer - Protes En Denel Moles
16/01/2019 Duración: 27minPodlitiek wil graag sy dank uitspreek vir die politieke partye, leiers en sosiale media van Suid-Afrika wat sorg dat hierdie podsending weekliks ‘n oorvloed van flaters, oorreaksies en verontwaardiging het om oor te gesels en die gek mee te skeer. Hierdie week fokus Podlitiek op vier van hierdie nuusgebeure, naamlik die ANC se nuwe 2019 manifes, die Schweizer-Reneke protes, die Denel moles en Gillette wat geslaan word vir ses.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapple
-
Ep. 27 - Skaapslag Op Cliftonstrand, Zille - Seun In Die Sop Beland En Regeringshand Vat My Land
09/01/2019 Duración: 21minNa afloop van ‘n nodige breukie weg van nasionale nuus, is die Podlitiek-span terug op hulle poste - met ‘n paar appeltjies te skil met die Suid-Afrikaanse regering. Hierdie week sing die span ‘n nuwe liedjie: Skaapslag op Cliftonstrand, waarna hulle onwettige wiskunde-klasse by Helen Zille se seun kry, en uiteindelik waag hulle weer ‘n opinie oor grondhervorming en die nuutste verwikkelinge in hierdie netelige kwessie.
-
Spesiale Episode 4 - Christelike Joodse Waardestelsel
25/12/2018 Duración: 52minHierdie spesiale uitgawe van Podlitiek is nie, soos altyd, te erg besorg oor die stampe en stote van die Suid-Afrikaanse politiek nie - juis omdat ‘n ou blaaskansie oor Kersfees tog net gepas is. In ‘n insiggewend, dog persoonlike, episode besluit die span om sommer die Kersgety te gebruik om die sluier te lig oor die basiese waardes van ons samelewing - juis omdat daar soveel uit die Christelik-Joodse gelooftradisie daarvoor ontleen is.
-
Spesiale Episode 3 - Geloftedag
16/12/2018 Duración: 50minIn hul derde spesiale episode bespreek die Podlitiek-span Geloftedag - of is dit nou Versoeningsdag, of is dit nou Dingaansdag? Hoe presies moet ons hierdie veldslag beskou? Was dit gewoon goeie Europese wapens wat assegaaie en leerskilde getroef het? Was dit ‘n natuurwonderwerk, of natuurramp? Was dit, soos wat Pretorius en sy medestryders geglo het, ‘n geloofswonderwerk, gegee uit die Hand van die Allerhoogste?
-
Onderhoudreeks Ep. 8 - Jacques Basson (Klipkouers)
10/12/2018 Duración: 52minPodlitiek kuier met ‘n groot gees en leier in die Suid-Afrikaanse podsending bedryf, Jacques Basson aanbieder van Klipkouers. Ons gesels oor entrepreneurskap, alternatiewe media en Afrikaner identiteit. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapple
-
Ep. 26 - NVG Se Nuwe Kahuna, Staatsinstellings Se Pampoene, Onteiening Kry Hardloop - Skoene
05/12/2018 Duración: 20minTen spyte van deurlopende beurtkrag, kon Podlitiek iewers die geleentheid vind waar ons ateljee nie net beskikbaar was nie maar waar Eskom toevallig so gaaf was om ook elektrisiteit te verskaf. Die week bespreek ons die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, die probleme by Eskom en die SAUK en die verslag deur die Grondwetlike Hersieningskomitee wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapple
-
Ep. 25 - Nuwe Kabinet Gesoom, EFF Sonder Skroom en 'n Nuwe Minimumloon
27/11/2018 Duración: 20minHierdie week vier Podlitiek sy 25ste weeklikse episode met drie opwindende besprekingspunte naamlik ons land se nuwe kabinet, die EFF se aanval op die media asook die aankondiging van ‘n nuwe nasionale minimumloon.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapple
-
Onderhoudreeks Ep. 7 - Danie Barnard (Aktivis En Entrepreneur)
23/11/2018 Duración: 50minTydens hierdie episode gesels die twee Daniel’s en Paul met Danie Barnard, aktivis en entrepreneur oor die invloed van sosiale media op die samelewing, kripto-geldeenhede asook die 2019 verkiesing. Danie het die #BoerTestimony beweging op sosiale media begin wat gelei het tot VSA president Donald Trump se opmerkings oor plaasmoorde in SA.
-
Ep. 24 - Grondonteiening Uitgepluis, Unisa Fopnuuspaleis En Cyril Se Ware Kleure Wys
21/11/2018 Duración: 20minKlomp goeie dinge kom in drie’s, BLT broodjies, blinde muise en die Podlitiek span. Selfs hierdie lys bewys dit. Oudergewoonte is die drie besprekingspunte van hierdie episode ook drieledig. Podlitiek bespreek die Grondwetlike Hersieningskomitee se amptelike verslag, fopnuus deur ‘n Unisa werknemer en Cyril Ramaphosa se Bosasa skandaal.
-
Onderhoudreeks Ep. 6 - Pikkie Greeff (SANWU)
15/11/2018 Duración: 52minTydens hierdie uur lange episode het Paul Maritz en Daniël Eloff die voorreg om met die Nasionale Sekretaris van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Unie (SANWU), Pikkie Greeff, te gesels. Die episode dek Trump, 2019 se verkiesing en die werk van SANWU.
-
Ep. 23 - Gevegte In Die Parlement, Discovery Se Present en Eiendomsregte Geskend.
14/11/2018 Duración: 21minPodlitiek pak die week se nuusgebeure soos Owen Farrell aan, nie met skouers en sonder enige arms nie maar eerder met harde direktheid terwyl ons steeds daarmee weg kom. In hierdie episode bespreek ons rusies in ons wetgewer, HUB besoldiging en die deurlopende debat oor grondonteiening.
-
Ep. 22 - Numsa Party Gestig, Discovery Betug En Malema Ontwrig
07/11/2018 Duración: 21minDaar is altyd iets nuuts uit Afrika - en vanweek is dit sommer ‘n nuwe politieke party. In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die vakbond NUMSA wat onlangs ‘n politieke party gestig het, mediese skemas en AfriForum wat op die EFF se bates wil beslag lê.
-
Onderhoudreeks Ep. 5 - Dawie Scholtz (Verkiesingsguru en bestuurskonsultant)
02/11/2018 Duración: 49minIn hierdie episode het Daniël en Paul die voorreg om met verkiesings-guru en bestuurskonsultant Dawie Scholtz te gesels. Die drie bespreek die betroubaarheid van peilings, Suid-Afrikaanse stempatrone en daar word 'n paar voorspellings vir die 2019 verkiesing gemaak.
-
Ep. 21 - Berade Vir Beleggings, SASOL - Beleid Verslegtings En Nkandla-
31/10/2018 Duración: 21minIn vandeesweek se episode is dit vir die Podlitiek span baie duidelike dat geld watstom is nie regmaak wat krom is nie – selfs nie as jy Cyril Ramaphosa is nie.¶
-
Onderhoudreeks Ep. 4 - Metalhead Vet (@Suidwessie)
30/10/2018 Duración: 57minDaniel, Paul en Daniël gesels in hierdie episode met Suidwessie, 'n bekende en aktiewe Twitter gebruiker. Sy is ook 'n veeartsenystudent aan die Universiteit van Pretoria. Die vier bespreek die rol van sosiale media, studente politiek en politieke ideologie van jong Suid-Afrikaners.
-
Ep. 20 - Timol Praat, Wapens Word Agtergelaat, ANC vir AfriForum Kwaad.
24/10/2018 Duración: 21minIn vanweek se weeklikse episode ontnonsens die Podlitiek span die verwikkelinge oor Ahmed Timol se dood van 40 jaar gelede, die paniek oor vuurwapen-eienaarskap en ook die ANC se flou reaksie op plaasaanvalle.
-
Ep. 19 - Floyd En VBS, Self - Doen Is Bes En Pik Botha - ‘n Vinnige Les
17/10/2018 Duración: 22minIn vandeesweek se episode pak die Podlitiek-span oudergewoonte talle belaglikhede in die nuus aan – maar word darem verkwik deur ‘n positiewe verwikkeling of twee. Die span bespreek die VBS skandaal, die verwikkelinge in Witbank en Pik Botha se afsterwe.